.
Nature and Beyond Landskap Ontwerpers Johannesburg
.
Landskap Ontwerp Kliënte Gauteng
Landskap Ontwerp Kliënte Gauteng
Welkom

Goeiedag, ek is Donovan Robinson.
Hier volg 'n kort opsomming:

Ek het 'n BL-graad (Baccalaureus in landskap-argitektuur) verwerf aan die Universiteit van Pretoria. Een van ons tuine is op die buiteblad van Mei 2011 se SA Garden, met die hoofartikel op bladsy 34. Ons werk het ook al verskyn in die April 2004 uitgawe van South African Garden and Home, op bladsye 94-96. (Ons Facebook bladsy is meer op datum.) Ons ontwerp elke tuin uniek, volgens elke kliënt se vereistes en met volledige plant-planne. Ons kan tuin-installering behartig, ingesluit water-effekte en besproeiing. Ons doen volledige projekte net vanaf R30 000 tot R4 miljoen en meer. Ons glo in deursigtige en eerlike tariewe. En ons is gestasioneer in Centurion: sentraal tot Pretoria, Sandton, Johannesburg.
Maak gerus kontak, ons sal dit baie geniet om vir u 'n tuin te ontwerp!

"God almagtig het die eerste tuin geplant, en inderdaad, dit is die suiwerste van menslike vreugdes. Dit is die grootste verfrissing vir die siel, waarsonder geboue en paleise maar growwe handewerk is." -- Francis Bacon, 1625.

Medewerkers, agentskappe

Ons het goeie werksverhoudings met verskeie subkontrakteurs, soos Geoseal en Irriplan Irrigation Contractors. Dit bied aan ons kliënte 'n totale projek, deur ons behartig.

Forever Green Lawn is in besigheid! Dankie Belgotex vir die ondersteuning. Ons is nou installeerders van kunsmatige grasperke regoor Gauteng en het 'n wye verskeidenheid van produkte om enige landskap situasie te pas.

Ons aanvaar VISA en MasterCard.



.

Werf-keuses:  tuisblad - english version.     Meer oor ons:  ons filosofie - ons vereistes.
Kontak ons:  besonderhede - inheems - tropies - eietyds - formeel - bali
- jongste tuine - labirinte - sypaadjies - water en klip effekte.

.

E-pos: 
Kopiéreg © Nature and Beyond CC