|
Portfolio: water-effekte
Hierdie was 'n opwindende projek, omdat ons iets skouspelagtig moes skep binne 'n erg beperkte binnehuis area.
Die geluid van lopende water was belangrik om opwinding na die area te bring. Addisionele steunpunte was nodig om drama te verleen. Daarom het ons pilare gebou, omhul met erts uit die Goldfields Myn te Driefontein. Ons moes spesiale toestemming kry om hierdie rots te gebruik, aangesien hulle nog etlike gram goud dra! As 'n totale teenstelling het ons op die rowwe klip 'n soliede, gladde, sandsteen bal aangebring.
Verskeie water-effekte uit verskillende tuine, wat ons ontwerp en geïnstalleer het. Nog 'n paar verskyn op ons sypaadjies en eietydse bladsye.
|