|
Portfolio: tropies
Hierdie is die boonste vlak van 'n tuin wat ons in Kyalami Estate gedoen het. Dit toon 'n weelderige, kronkelende wandelpad, wat van een kant na die ander oor die tuin strek. Van die grondbedekkers is heelwat inheems, maar die effek van die tuin is tropies, weens die palms en ander grootblaar plante.
'n Tuin wat ons gedoen het in Dainfern. Dit toon die tipiese "tropiese" plante: palms, boomvarings ens.
Die inrit van 'n tuin wat ons in Fourways Gardens gedoen het. Weelderig en blaarryk, en met ster-jasmyn as die grondbedekker, wat 'n wonderlike geur na die area bring. |