Nature...& Beyond Landskap Ontwerpers Johannesburg

Portfolio: jongste tuine

Die helling van hierdie tuin was oorspronklik dieselfde as die inrit, wat ons toe met grint oorplavei het om dit te moderniseer. Ons het om die huis 'n ronde skutmuur gebou om 'n gelyk grasperk te skep. Tevore was die hele tuin onleefbaar want daar was geen gelyk area nie.

As 'n ingang tot die woning het ons leiklip pilare gebou, met nisse vir die Anton Smit "Brandwag" beeldhouwerke. Die tuinpaadjie gaan oor die gelyk grasperk en vorm 'n as vanaf die voordeur na die inrit. Die Anton Smit beeld in die tuin is vanuit die eetkamer sigbaar.

Ons het die badkamer heeltemal vernuwe deur 1,5m ruimte by die badkamer aan te bou, 'n binnehof by te voeg vir plante, en met glasmure wat hierop uitkyk. 'n Nuwe spa-bad is ingebou, met 'n glas-stort en skuifdeur wat in die binnehof oopmaak. Die toonbank met nuwe wasbakke en kleedtafel is deur ons ontwerp en gebou. Die spieëls in die binnehof skep die illusie van ruimte deur soos vensters in die muur te lyk.



Werf-keuses:  tuisblad - english version.     Meer oor ons:  ons filosofie - ons vereistes.
Kontak ons:  besonderhede - terugvoer-vorm.     Portfolio:  inheems - tropies - eietyds
- formeel - toskaans - jongste tuine - labirinte - sypaadjies - water en klip effekte.

E-pos:                     
                             Verweb en bedien deur
Kopiéreg © Nature...& Beyond cc