|
Portfolio: inheems
Hierdie tuin is op die oewer van die Hartebeespoortdam, in Pecanwood Estate. Dit was al 'n keer op een van Keith Kirsten se Down to Earth TV programme, asook in South African Garden and Home, April 2004, bladsye 94-96.
Dit is nie volledig inheems nie, maar al die bome is inheems, soos ook baie van die struike, meerjariges en grondbedekkers. Ek verkies 'n mengsel tussen eksoties en inheems, omdat dit gewoonlik die beste effek gee. Dit trek ook voëls, bye en vlinders na die tuin toe aan -- en in hierdie geval, likkewane!
'n Mabalingwe wildplaas: Dit was belangrik om 'n definitiewe lyn te skep tussen wat as tuin en as natuurlike veld-gras gesien sou word. Ek het daarom 'n sirkel gelê wat die huis vanaf die vuurmaakplek tot by die motorhuise aan die ander kant omsluit.
Ons het herwinde, vergruisde teer vir die pad-oppervlak gebruik. Dit gee 'n sagte knarsgeluid wanneer mens daarop loop. By die kies van plante moes ons rekening hou met wilde diere soos ystervarke, koedoes, blesbokke ens, en hulle het baie gevreet van wat ons geplant het, veral weens 'n droogte daardie tyd. Nogtans het baie van die plante oorleef, en soos gebeur in die natuur is die plan dat 'n ekosisteem sal ontwikkel en ewewig gevestig sal word. Die ontwerp is sterk genoeg om altyd die terrein bymekaar te hou. |