Nature...& Beyond Landskap Ontwerpers Johannesburg
Landskap Ontwerp Kliënte Gauteng
Landskap Ontwerp Kliënte Gauteng
Welkom

Goeiedag, ek is Donovan Robinson.
Hier volg 'n kort opsomming:

Ek het 'n BL-graad (Baccalaureus in landskap-argitektuur) verwerf aan die Universiteit van Pretoria. Ons werk het al verskyn in die April 2004 uitgawe van die tydskrif South African Garden and Home, op bladsye 94-96. Ons ontwerp elke tuin uniek, volgens elke kliënt se vereistes, en met volledige plant-planne. Ons kan die tuin-installering behartig, ingesluit water-effekte en besproeiing. Ons doen volledige projekte net vanaf R30 000 tot R400 000 en meer. Ons glo in deursigtige en eerlike tariewe. En ons is gestasioneer in Kyalami: sentraal tot Pretoria, Sandton, Johannesburg. Maak gerus kontak, ons sal dit baie geniet om vir u 'n tuin te ontwerp!

"God almagtig het die eerste tuin geplant, en inderdaad, dit is die suiwerste van menslike vreugdes. Dit is die grootste verfrissing vir die siel, waarsonder geboue en paleise maar growwe handewerk is." -- Francis Bacon, 1625.

Bruikbaarheid

Dis maklik om ons hele tuisblad af te laai, vir aflyn gebruik. Dit is beskikbaar as hierdie kompakte zip legger. U sal miskien 'n program soos WinZIP® benodig, om die inhoud uit te pak. Dubbel-kliek daarna op "a-index.htm" om die werf in u blaaier te sien. Die aflaai-grootte is sowat een MB. This whole website is also available in English.



Werf-keuses:  tuisblad - english version.     Meer oor ons:  ons filosofie - ons vereistes.
Kontak ons:  besonderhede - terugvoer-vorm.     Portfolio:  inheems - tropies - eietyds
- formeel - toskaans - jongste tuine - labirinte - sypaadjies - water en klip effekte.

E-pos:                     
                             Verweb en bedien deur
Kopiéreg © Nature...& Beyond cc