|
Portfolio: formeel
Durbanville, Kaapstad: Hierdie is die grootste private tuin wat ons tot dusver voltooi het. Die blote grootte van die huis het vereis dat iets subtiel dog kragtig in die tuin gedoen word. Die formele lyne in die tuin is vanaf die huis se lyne geneem, om die enorme argitektuur na die landskap uit te dra.
Centurion Golf Estate: Hierdie kliënt het aangebou en besluit om die tuin ook oor te doen, omdat 'n formele tuin meer in ooreenstemming met die huis sou wees, en omdat hulle nie gehou het van die informele een wat 'n vorige landskap-argitek geïnstalleer het nie.
Craighall: Die gebruik van spieëls op die mure van hierdie klein tuin gee 'n totaal ander afmeting aan die landskap. Dit lyk asof daar deurgange in die muur is, en dat 'n sentrale paadjie reg deur die muur gaan.
|