Nature...& Beyond Landskap Ontwerpers Johannesburg

Portfolio: eietyds

Hierdie tuin het ons ontwerp en geïnstalleer in Bloubergstrand, Kaapstad. Die opdrag was om iets te skep wat mense in die straat sal laat stilhou om hulle daaraan te vergaap. Aangesien die huis baie naby aan die strand was, kon ons nie veel plant-materiaal vir effek benut nie. Ons het toe besluit om potte en water te gebruik. Die foto's wys hoe die plan uitgevoer is.

Kaapstad tuin
Kaapstad tuinKaapstad tuinKaapstad tuin
Kaapstad tuin

Aan een kant van die erf oorvloei drie blou potte met water, wat skynbaar in die plaveisel verdwyn. Die eienaar het inderdaad 'n paar mense gehad wat kla oor die vermorsing van water. Sy moes verduidelik dat daar 'n ondergrondse opgaardam is, en dat sy nie die hele dag 'n kraan oop het nie! Vanaf hierdie eienskap verdeel 'n kurwe van wit spoelklippies die swart grintsteen plaveisel, en lei die oog na die voordeur van die huis. Die voordeur is omring met 'n koi-dam en drie potte, wat skynbaar dryf op die water. Hierdie keer bevat hulle plante. Aan die ander kant van die huis (om die tema van potte verder te dra) het ons 'n groot pot op sy kant geplaas, om te oorvloei in 'n bedding klippies. Die skaal was hier belangrik -- die foto's wys dit nie goed nie, maar hierdie pot is groot genoeg vir 'n volgroeide man om in te sit!

Waterkloofrif, Pretoria: Hierdie tuin het ons volledig oorgedoen. Die groot klip-pilaar op die sypaadjie is 'n verklaarde monument, en ons het voorgestel dat die kliënte hulle bestaande muur laer maak ten einde hierdie pilaar beter te kan sien. Ons het toe drie ooreenstemmende pilare binne die tuin gebou. Alles het mooi uitgewerk, met besonder positiewe vorms wat ontstaan het.

Pretoria tuin
Pretoria tuin
Pretoria tuin
Pretoria tuin
Pretoria tuin
Pretoria tuin

Waterkloof, Pretoria: Hierdie klein tuintjie was pret, maar nogal 'n uitdaging. Weens die beperkte area was my eerste instink om die beddings eenvoudig en reguit te hou. Ek het toe hierdie kronkelende paadjie deurgebring, amper soos 'n rivier. Op een punt vloei die "rivier" oor die gras, waar die baksteen kante mekaar oorkruis, om die gevoel van 'n waterstroom te gee.

Waterkloof garden
Waterkloof garden
Waterkloof garden



Werf-keuses:  tuisblad - english version.     Meer oor ons:  ons filosofie - ons vereistes.
Kontak ons:  besonderhede - terugvoer-vorm.     Portfolio:  inheems - tropies - eietyds
- formeel - toskaans - jongste tuine - labirinte - sypaadjies - water en klip effekte.

E-pos:                     
                             Verweb en bedien deur
Kopiéreg © Nature...& Beyond cc