|
Meer oor ons
Ons wil nie wegkruip agter een of ander slim filosofie nie -- vir meeste mense maak dit tog
nie saak nie. Ons taak is bloot om 'n tuin te skep, so mooi as moontlik binne die kliënt se begroting, en ook om
daarmee die argitektuur en omgewing te komplimenteer. Ons koste-strukture is uiters oop en eerlik.
Ons sou kon
betrokke raak deur net die tuin te beplan en net dit dan aan die kliënt te verkoop teen enigiets vanaf R1500 tot R5000, afhangende van die skaal van die tuin. Ons kan ook onderneem om die installasie van die tuin in fases te doen, volgens die kliënt se begroting op daardie stadium. Dit is egter vir ons belangrik om 'n standaard te handhaaf, soos sekere hoeveelhede kompos, voorbereiding, terreinbeheer, en ontwerp-insette. Ons het gevind dit kan nie regtig met 'n lae begroting gedoen word nie. Ons voltooi daarom volledige projekte slegs vanaf R30 000, tot R400 000 en meer.
Ek het in 1995 'n BL-graad (Baccalaureus in
landskap-argitektuur) verwerf aan die Universiteit van Pretoria. Oor die paar jare daarna het ek wyd ervaring opgedoen.
Landskap-ontwerp is 'n indiwiduele ervaring -- nie net 'n wetenskap nie, nie net kuns nie. Daarom skryf ek nie voor aan kliënte nie, en verkies om
saam met hulle te werk sodat ons 'n tuin kan ontwikkel waarmee hulle gelukkig sal wees. Terwyl toekennings altyd welkom
is, bly ons eerste doel 'n tevrede kliënt. 'n Bekroonde tuin is sinneloos as dit nie aan die behoeftes van die
eienaar voldoen nie.
Sedert 1996 het ek hoofsaaklik in die Gauteng area gewerk, eers vir twee landskap-ontwerp en
konstruksie maatskappye, daarna as vennoot in 'n ander bedryf, en toe het ek uiteindelik Nature...& Beyond cc gestig.
Dit is ons slagspreuk in 'n neutedop -- going beyond the call of nature. Hoewel die Natuur perfek is, bring ons die
element in wat deur mense gemaak word. Nie om die Natuur te beperk nie, maar om haar te komplimenteer.
Oor die
afgelope twaalf jaar het ek talle tuine voltooi in die volgende gebiede: Athol, Bedfordview, Blue Hills, Blue Valley Golf
Estate, Bryanston, Buccleuch, Chartwell, Dainfern, Dainfern Ridge, Dowerglen, Douglasdale, Fourways Gardens Fase 1 en 2,
Henley-on-Klip, Hyde Park, Khyber Rock, Krugersdorp, Kyalami Estate, Linden, Lonehill, Mabalingwe, Meyersdal, Moreletapark,
Melville, Morningside, Northcliff, Northriding, Parkhurst, Parktown, Paulshof, Pecanwood Estate, Randburg, Rivonia,
Rooihuiskraal, Sandton, Sunninghill, Vereeniging, Vorna Valley, Waterkloof, Westdene, Witkoppen, Woodhill, sowel
as Durbanville en Bloubergstrand, Kaapstad.
Ek verkies geen enkele tuin-styl nie. Terwyl ek sekere beginsels van ontwerp navolg, en oor die laaste dekade my eie indiwiduele styl
geskep het, kan ek my ontwerpe aanpas by die kliënt se vereistes -- met oorweging van die klimaat en ander
omstandighede, ook die argitektuur en terrein. Daar is wel sekere spesies plante wat verskillende effekte skep, soos
tropies, inheems, eietyds, formeel, Toskaans, Engelse platteland, Japannees. Daarom kan tuine as een hiervan gekenmerk
word. Maar terwyl die genoemde tema's die oorheersende styl van 'n tuin kan wees, verkies ek om alles met my eie aanleg
te doen, en gewoonlik met 'n vermenging tussen inheemse en eksotiese plante. Let asseblief daarop: hoewel ons portfolio
op hierdie webwerf in sulke kategorieë verdeel is, noem ek hulle baie losweg so. Mens sou kon redeneer dat sommige
tuine in meer as een kategorie hoort.
Lewer asseblief vrymoedig kommentaar op
hierdie webtuiste, asook op ons werk in die algemeen. Hoewel Nature...& Beyond 'n klein bedryf is, voel ons
baie trots op ons werk, en hoop dat ons aan mense hulle eie stukkie geluk verskaf in die tuine wat ons skep.
Vereistes
Ons het die volgende van kliënte nodig voor ons kan begin ontwerp:
1. 'n
Terreinplan -- indien nie beskikbaar nie, kan ons een opstel. 2. 'n Verklaring van hulle behoeftes, voorkeure en
afkeure. 3. 'n Vaste begroting. |